Dis ’n gebrek aan geloof, sê hy, wat daartoe gelei het dat eietydse kunsmusiek sy aansien verloor het
Johan Myburg
Die afgelope paar jaar het verskeie musici pogings aangewend om die musiek van die antieke Grieke en Romeine te rekonstrueer en uit te voer op die soort instrumente wat in dié kulture gebruik is.
Die Brit Michael Levy is een so ’n musikus wat sedert 2006 sy energie fokus op navorsing van antieke musiek vir die lier. Sy navorsing sluit ook in speeltegnieke – van dié tegnieke word steeds in Afrika toegepas.
Kyk en luister
• Besoek Levy se webwerf by www.ancientlyre.com/the_lyre_20_project/ vir meer inligting oor sy Lyre 2.0 Project.
• Luister by www.youtube.com/watch?v=3MMI06AnhtM na Levy se uitvoering van Die eerste Delfiese gesang vir Apollo wat dateer van 138 vC.
• Luister by www.youtube.com/watch?v=VkPlNQ4ap1o na musiek van antieke Griekeland wat bemark word as Ancient Greek Music Vol.2 | Spirit Of Socrates.
• Synaulia is ’n groep musici, argeoloë en choreograwe wat daarna streef om die antieke musiek en dans van die Romeinse en Etruskiese tye te laat herleef. Die groep het tot stand gekom in 1995 en is geborg deur die Rijksmuseum van oudhede in Leiden, Nederland.
• Die groep se musiek is gebruik in verskeie rolprente, onder meer Ridley Scott se Gladiator. Luister by by www.youtube.com/watch?v=WJKkt-V7D0o na voorbeelde van antieke Romeinse musiek.