Die Hans Gabor Belvedere-sangkompetisie, een van die bekendste en grootste sangkompetisies ter wêreld, lok jaarliks honderde jong operasangers van oor die wêreld heen. Uitdunne word in 50 lande gehou.
Die prys is genoem na Hans Gabor (1924-1994), ’n Hongaarse dirigent en stigter van die Weense Kameropera en die Belvedere-kompetisie.
Suid-Afrikaners vaar die afgelope paar jaar besonder goed in dié kompetisie. In 1999 het Jannie Moolman (tenoor) die derde prys verower en in 2009 het Pretty Yende (sopraan) dié kompetisie gewen. In 2012 het Hlengiwe Mkhwanazi (sopraan) die tweede prys verower en in 2013 het Rheinaldt Moagi (tenoor) die derde prys ingepalm. Verlede jaar het Siyabulela Ntlale (baritone) die tweede prys gekry.
Die wenners van vanjaar se Hans Gabor Belvedere-sangkompetisie is
Eerste prys: Levy Sekgapane, tenoor (sowat R94 000)
Tweede prys: Lise Davidsen, sopraan (sowat R47 000), asook die gehoorprys (R27 000) en die jurieprys (R20 000)
Derde prys: Ki Hun Park, tenoor (sowat R34 000)
Kyk hier na ’n opname van Levy Sekgapane se deelname aan die Belvedere-kompetisie
MEER INLIGTING
Besoek die webwerf www.belvedere-competition.com.