Martin Watt se werk val in verskeie genres: solowerke, kamermusiek, koormusiek, werke vir ’n simfonieorkes, ’n opera en verskeie kunsliedere – in Afrikaans sowel as in Engels.
Johan Myburg
“Ek skryf elke stuk met bepaalde uitvoerende kunstenaars in gedagte. Ek werk dikwels saam met dié kunstenaars wanneer ek komponeer. Ek leer van hulle omtrent tegniese en spelaspekte ten opsigte van hul onderskeie instrumente – soos wat moontlik is en wat nie.”
“Dis belangrik dat die kunstenaars wat die werk uitvoer daarvan moet hou sodat reg aan die werk kan geskied.”
Oor sy benadering tot komposisie sê hy:
“Gewoonlik kry ek ’n idee en bou dan daarop voort. Die gedagte waaruit die werk eindelik groei is meestal kort (soms net ’n paar note), maar dit gee aan die werk ’n organiese aard.”
“Ek maak gebruik van Sibelius, ’n notasieprogram, en werk direk op my rekenaar. Ek skryf selde musiek met die hand. As ek nie vir die klavier skryf nie, bly ek weg van die elektroniese klavier omdat jou vingers, en nie jou kop nie, die note vind.”
“Ek gee besonder baie aandag aan struktuur, kontras en eenheid, om spanning op te bou en te laat gaan. Soms beplan ek eers die groter struktuur van ’n werk voordat ek dit met my materiaal vul.”
Watt gee Sjostakowitsj, Bartok en Strawinski aan as komponiste wat ’n invloed op sy skryfwerk het.
“Dis nie moontlik om ten volle oorspronklik te wees nie en ’n mens se styl dra die invloed van baie komponiste en benaderings. Ons lewe in ’n eklektisie wêreld en daar is niks fout daarmee nie.”
“My mentor en goeie vriend Peter Klatzow het eenkeer gesê: ‘Dis nie oorspronklikheid van styl nie, maar oorspronklikheid van materiaal wat die deurslag gee.”
Luister na Martin Watt se Nokturne no. 1 uit Vier nokturnes vir klavier. Dié opname is gemaak in die Baxter-konsertsaal in Kaapstad op 30 Julie 2013. Die pianis is Bernarda Vorster.
[iframe width=”350″ height=”263″ src=”https://www.youtube.com/embed/tfYnsCYHc5A?rel=0″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Luister na Martin Watt se toonsetting van Eugène Marais se gedig “Is daar nog trane?” uit die siklus Vyf liedere op gedigte van Eugène Marais. Die tenoor is Jacques le Roux en die begeleier is Truida
Kyk na ’n video waarin Martin Watt praat oor Tronkvoël, die kort opera wat hy geskryf het aan die hand van Breyten Breytenbach se tronkverse.