Brendan Peyper, die Vrystaatse boerseun wat amper oornag bekendheid verwerf het, stel sy tweede enkelsnit bekend.
Brendan Peyper, ’n boerseun van die Vrystaat, het amper oornag bekendheid verwerf met sy eerste enkelsnit Stop, wag, bly nog ´n bietjie. Dit het sowaar al meer as 264 000 kyke op YouTube gekry. En nou is hy terug met ’n tweede enkelsnit, Tafelberg vir twee. Klik die speelknoppie hieronder om na ’n uittreksel daarvan te luister.
[iframe width=”100%” height=”166″ frameborder=”no” src=”https://w.soundcloud.com/player/?url=https%3A//api.soundcloud.com/tracks/221106978&color=ff5500&auto_play=false&hide_related=false&show_comments=true&show_user=true&show_reposts=false” scrolling=”no”]
Brendan het in 2014 aan die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein gematrikuleer. Hy’s ’n kranige rugbyspeler wat klankingenieurswese aan die Universiteit van die Vrystaat studeer het voordat hy besluit het om sy liefde vir musiek sy eerste prioriteit te maak.
Met ’n kitaar in die hand en opregte, aansteeklike lirieke betower Brendan al van jongs af gehore.
“Musiek is my alles en dis my hartsbegeerte om mense se lewens daardeur aan te raak en te verander,” sê Brendan.