In Vrouekeur van 15 Januarie skryf Johan Myburg oor die werk van die Russiese skilder Wassily Kandinsky
JOHAN MYBURG
Die inligting hier onder is aanvullend tot die rubriek in Vrouekeur.
Wassily Kandinsky
Blik op Murnau met trein en kasteel, 1909 (26 x 39 cm), ? werk van Wassily Kandinsky waarin herkenbare vorms in kleurvlakke weergegee word. Dié skildery is in die Lembachhaus in München. Kandinsky het teen 1913 volledig abstrak begin werk.
[iframe width=”350″ height=”197″ src=”https://www.youtube.com/embed/WdPMdGUeYGk” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Kyk na ? video oor Kandinsky se boek met houtdrukke, Klänge 1913.
Klik hier om te sien wat hy op sy skilderye geskryf het.
In 2009/10 het die Guggenheim-museum in New York ? groot hoeveelheid van Kandinsky se werk byeengebring. In dié kort video praat Gillian McMillan, mede-hoofkurator van dié museum se versameling, oor restourasie van dié skilderye en inligting wat deur navorsing op dié werk na vore gekom het.
In dié video word skilderye van Kandinsky gewys aan die hand van klaviermusiek van Schönberg.
[iframe width=”350″ height=”263″ src=”https://www.youtube.com/embed/daVaEoF5Hrk” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Parallel met Kandinsky se eerste suiwer abstrakte werke het atonaliteit in musiek na vore getree. In 1909 het die Oostenrykse komponis Arnold Schönberg sy “Drie klavierstukke” gekomponeer. Dié twee kunstenaars het mekaar geken en mekaar se werk oor en weer beïnvloed.
Soos wat simfonieë bakens is in die loopbaan van ? komponis, het Kandinsky sy Komposisies as voertuie vir sy gedagtes oor kuns gesien. Soos ? goue draad loop die tien Komposisies deur Kandinsky se oeuvre.
Met sy belangstelling in spiritualiteit – hy het in 1912 ? boek geskryf oor die spirituele aspekte in kuns en die kunstenaar as profeet gesien – het hy teruggeval op die Bybelse verhale waarmee hy grootgeword het. Dié van Noag se ark, Jona en die vis, die vier ruiters van Openbaring, maar ook Russiese verhale het in Kandinsky se abstraksies simbole geword vir dood en hergeboorte, vir verwoesting en skepping, soos hy dit ervaar het in die jare tussen die twee Wêreldoorloë.
Die skilderye kort voor die Tweede Wêreldoorlog dui onmiskenbaar op ? kataklisme wat die gang van die geskiedenis sou verander.