Titus Matiyane is in 1964 in Atterridgeville gebore. Hy het in 1989 ingeskryf vir ’n diplomakursus in argitektuur aan Unisa. Van 1987 tot 1997 het hy as kwaliteitkontroleur by Consol Glass gewerk.
Johan Myburg
Voordat hy vroeg in die 1990’s tekeninge begin maak het, het hy modelle van vliegtuie, onder meer Concorde, gebou. Van dié werk is ingesluit in ’n groepuitstalling wat Steven Sack in 1984 in die Pretoriase Kunsmuseum aangebied het.
Benewens solo-uitstallings het hy onlangs deelgeneem aan groepuitstallings in Lille (Frankryk) en Casablanca (Marokko).
Matiyane se panoramiese voorstelling van Gauteng, 2010,
gemengde media op papier (3600 x 126 cm) toe dit in Fried
Contemporary in Pretoria vertoon is. Foto: art.co.za
Verlede jaar was sy werk ook te sien op die Cool Capital-biënnale in Pretoria.
Sy werk is opgeneem in talle versamelings, hier en in die buiteland.
• Om saam te val met die 2007-uitstalling in Nederland het die boek Titus Matiyane: Cities of the World verskyn. Die samestellers is Annemieke de Klerk, Melinda Silverman, Stephen Hobbs en Wytze Patijn. Die boek is uitgegee deur die Afdeling Bouwkunde, Technische Hogeschool, Delft. 101 Uitgewers.
Titus Matiyane Foto: The Trinity Session
• Tot 11 November is Matiyane se jongste versameling werke, BRICS Capitals, in die galery van die Universiteit van Johannesburg te sien.
• In dié uitstalling met Elfriede Dreyer as kurator verken Matiyane panoramas van die hoofstede van die BRICS-lande: Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika. Dit doen hy aan die hand van Panorama of Brazil (2013), Panorama of Russia (2015), Panorama of India (2015), Panorama of Shanghai (2013), Panorama of Gauteng (2014) en Panorama of Africa: Cape to Cairo (2015).
• Lees meer oor Titus Matiyane in Vrouekeur van 23 Oktober.