In Vrouekeur van 3 Junie skryf Johan Myburg oor die Surrealisme met verwysing na Salvador Dalí, René Magritte maar veral na voorbeelde van werk deur Merét Oppenheim en Man Ray.
Johan Myburg
Die inligting hier onder is ter aanvulling tot dié rubriek.
[iframe width=”560″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/KE27kd73_k8″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
? Video gemaak deur Merét Oppenheim se niggie Lisa Wenger. Die video as ‘n oorsig oor haar werk is gemaak in 2010, 25 jaar ná Oppenheim se dood in 1985.
Merét Oppenheim (1913-1985) is in Duitsland gebore hoewel sy haarself as ‘n Switserse kunstenaar beskou het. Sy het as model opgetree vir Man Ray en het ‘n verhouding met Max Ernst gehad – ‘n verhouding wat sy verbreek het om volwaardige kunstenaar te kan wees.
[iframe width=”420″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/cPYrNSwSJv0″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Voorbeelde van Man Ray se foto’s. Hy is bekend vir sy avant-garde foto’s (“rayographs”) waarmee hy onder meer die ideale van Dada en die Surrealisme gedien het.
Man Ray, gebore as Emmanuel Radnitzky (1890-1976) was ‘n Amerikaanse kunstenaar wat ‘n groot deel van sy lewe in Parys deurgebring het. Hy het in verskeie media gewerk, maar is veral bekend vir sy foto’s.