In Vrouekeur van 22 Januarie skryf Johan Myburg in die rubriek ‘kunstenaarsoog’ oor die werk van die Johannesburgse kunstenaar Stephan Erasmus. Die inligting hier onder is aanvullend tot dié rubriek.
Split Text, agt digitale drukke op argivale papier – deel van die onlangse Broken Text.
Dark Text, agt waterverfwerke op papier – deel van Broken Text.
Broken Patterns II, 2015, olie op doek (150 x 150 cm).
Besoek Stephan Erasmus se webwerf by www.stephanerasmus.com.
Dead Bunny Society (DBS)
Saam met sy medekunstenaars Dirk Bahmann, Neil Nieuwoudt en Peter Mammes het Erasmus verlede jaar die Dead Bunny Society (DBS) gevorm.
Die oogmerk met DBS is om ? kunstenaarsgemeenskap op dreef te kry wat doelwitte deel en wat mekaar kan ondersteun. Vroeër vanjaar het hulle presies dit gedoen toe hulle op die Turbine Art Fair ? stalletjie gehad het en ook die werk van jonger en ander kunstenaars vertoon het. Dieselfde het hulle gedoen op die Fringe Art Fair in Maboneng in September.
Besoek ook www.facebook.com/deadbunnysociety/
Dirk Bahmann, Stephan Erasmus, Neil Nieuwoudt en Peter Mammes. Dié vier
het in November ? groepuitstalling in The Art Room in Parkhurst aangebied.