Sanell Aggenbach woon en werk in Woodstock, Kaapstad. Sy het kuns aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Haar werk is al beskryf as “net so bedrieglik en vlugtig as haar subjekte”.
Johan Myburg
Haar eerste solo-uitstalling was in 1998 in die AVA Metropolitan Gallery in Kaapstad. Haar eerste solo in Johannesburg was in 2006 toe sy werk onder die titel Blues and Greys in Art on Paper vertoon het.
Ingrid, 2006, akriel op doek (54 x 80 cm)
Dié uitstalling is opgevolg met Perfectly Still in 2007 in Johannesburg se Absa-galery en die volgende jaar met Sub Rosa in die João Ferreira Gallery in Kaapstad.
In 2013 was Familia Obscura in Brundyn+ in Kaapstad te sien en verlede jaar het sy op die Joburg Art Fair ’n hele paar nuwe werke vertoon – onder meer ’n Pietà in brons, 2014, en ’n oliverfskildery, Mothers and Daughters, 2014.
Mothers and Daughters, 2014,
olie op doek (88 x 60 x 6 cm)
Benewens dié uitstallings het Aggenbach aan verskeie groeptentoonstellings, hier en in die buiteland, deelgeneem.
Haar werk is in verskeie permanente versamelings opgeneem, onder meer dié van Absa, Anglo Gold, Hollard, Sasol, SAUK en Spier.
Sanell Aggenbach voor Babylonia, 2014,
olie op doek (170 x 230 x 6 cm), ’n werk wat
op die 2014 Joburg Art Fair vertoon is.