In Vrouekeur van 4 Maart skryf Johan Myburg oor die werk van Russiese kunstenaars in die vroeg 20ste eeu. Die inligting hier onder is ter aanvulling van die rubriek in Vrouekeur
JOHAN MYBURG
Kyk hier na ? video van Deutsche Welle wat heelwat agtergrond gee van Malevich se kuns.
? Honderd jaar nadat Kasimir Malevich sy Swart vierkant geskilder het, het navorsers verbonde aan Moskou se Tretjakow-galery vasgestel agter die verfwerk lê daar twee ander skilderye en ? inskripsie.
Die galery, wat drie van die vier Malevich-vierkante besit, het met behulp van X-straal-ondersoeke dié ontdekking gedoen.
“Ons het altyd vermoed daar was iets agter die vierkant,” het een van die navorsers in November verlede jaar in ? onderhoud gesê. “Nou het ons bevestig daar is twee komposisie – die een Cubo-Futuristies en die ander proto-Suprematisties.”
Die ondersoek het ook ? handgeskrewe nota onder die wit rand rondom die vierkant aan die lig gebring. Voorlopige verslae dui daarop dat die nota, geksryf deur Malevich, lui: “Negers wat in ? grot baklei.”
Die nota mag dalk ? verwysing wees na ? skildery wat die Franse skrywer Alphonse Allais in 1897 geskilder het, Combat des Negres dans une cave, pendant la nuit (Negers wat in die nag in ? kelder baklei).
As dié voorlopige verslag korrek is, sal dit ? vermoede bevestig dat daar ? historiese verband is tussen Malevich se skildery en die vroeëre Franse skildery.
0304 vk1 rus
Natalia Goncharova se skildery Blougroen woud, 1913, wat in die
versameling van die museum van moderne kuns in new York is.
Vladimir Tatlin (1885-1953) se toring of Monument vir die Derde Internasionaal (1919-1920) was bedoel as ? monument vir die Bolsjewik-revolusie van 1917. Hoewel modelle vir dié monument, wat in skaal die Eiffel-toring sou oortref, bestaan, is dit nooit opgerig nie.
Volgens Tatlin se ontwerp sou die struktuur gemaak wees van staal en glas. Dié toring, as simbool van moderniteit, sou bestaan het uit ? dubbel heliks wat 400 m die lug in spiraal. Die twee strukture sou elk teen ? eie tempo roteer.
Dié werk van Tatlin het as inspirasie gedien vir menige kunstenaar wat die Revolusie gesien het as ? nuwe begin vir kuns in ? post-revolusie-omgewing.
? Model van Vladimir Tatlin (1885-1953) se Monument vir die Derde Internasionaal (1919-1920)
in die binnehof van die Royal Academy in Londen.