Dat moderne kuns iets laat blyk van die tyd waarin dit gemaak is, staan soos ’n paal bo water
Johan Myburg
Vir sommige mense is moderne kuns moeilik verstaanbaar, dikwels onsinnig en vir baie gewis nie mooi nie. Oor mooi kan ’n mens nie werklik stry nie. Maar dat moderne kuns iets laat blyk van die tyd waarin dit gemaak is, staan soos ’n paal bo water.
Kyk gerus na die video van Robert Florczak en hou dié man se opmerkings in gedagte vir die bespreking van moderne kuns in ‘Kuns deur die eeue’.
Camille Corot se Maanliglandskap, 1874 (89,5 x 115,6cm), in olie op
doek. Die wasigheid van die eerste landskapfotografie slaan sterk deur
in dié skildery.
Hou in gedagte dat Florczak geen onderskeid maak tussen moderne en kontemporêre kuns nie. ’n Jammerte, want van ’n akademikus sou ’n mens meer nuanse verwag het. Vir die oomblik is ons fokus alleen op moderne kuns. Moderne kuns het so om en by 1960 plek gemaak vir kontemporêre kuns. Maar meer daaroor later.