In Vrouekeur van 22 April skryf Johan Myburg oor die werk van die kunstenaar . Die inligting hier onder is ter aanvulling van die rubriek in Vrouekeur
Richard Long is in 1945 in Bristol gebore. Hy het aan die St. Martin-kunsskool in Londen gestudeer. Hoewel hy vier keer benoem is vir die gesogte en berugte Britse kunsprys, die Turner-prys, het hy dit in 1989 verower.
Long het ‘n volgehoue en betekenisvolle bydrae gemaak tot die visuele kunste en veral tot land- of minimalistiese kuns. Sedert 1968 is sy werk wêreldwyd uitgestal: In 1969 het hy byvoorbeeld deelgeneem aan Arte Povera in Italië en Earth Art in New York.
In 1971 is sy werk in New York se Guggenheim-museum vertoon en die volgende jaar in Moma se Projects-galery. In 1972 is hy genooi om werk te vertoon op Documenta 5 in Kassel, Duitsland, en tien jaar later ook op Doumenta 7. In 1976 en weer in 1980 het hy Brittanje verteenwoordig op die Venesiese Biënnale. Sy werk was van meet af stap-gebonde. Sy staptogte sluit in dié in Mogolië, Bolivië, Kanada, Nepal, Finland, Ysland en Suid-Afrika.
Richard Long
A Line Made by Walking, Richard Long se werk wat van 1967 dateer.
Dié kort video bied ‘n oorsig van Richard Long se vernaamste werk.
Kyk na dié video waarin Richard Long en die argitek Norman Foster praat oor Long se modderwerk Riverlines in die atrium van die Hearst Tower in New York. Foster is die argitek van die gebou. Long kry die modder waarmee hy verf van die Avon-rivier by Bristol. Hy werk al sedert sy kinderdae met dié modder. Die video is gemaak in 2006.