In Vrouekeur van 11 Maart skryf Johan Myburg oor die werk van die Nederlandse De Stijl-groep en die werk van die skilder Piet Mondrian. Die inligting hier onder is ter aanvulling tot dié rubriek in Vrouekeur
JOHAN MYBURG
Een van Piet Mondrian se vroeë werke, Grys boom, 1911, ? eksperimentering met Kubisme.
Dié video bied iets van ‘n chronologiese ontdekkingstog deur die werk van Piet Mondrian.
Gerrit Rietveld se Rooi en blou stoel is gewis een van die wêreld se bekendste stoele. Rietveld het dié stoel van onbehandelde beukehout in 1917 gemaak en op anbeveling van Bart van der Leck, ‘n ander lid van De Stijl, ‘n tweede stoel van effens dunner hout gemaak, dit swart geverf en toe rooi, blou en geel daarop aangebring.
Rietveld se Rooi en blou stoel het later ‘n plek gekry in die Schröder-huis in Utrecht, ‘n woning wat Rietveld in 1924 vir mev. Truus Schröder-Schräder en haar drie kinders ontwerp het. Schröder-Schräder het tot en met haar dood in 1985 in die huis gewoon. Dit is ná haar dood gerestoureer en is tans ‘n museum. Die Schröder-huis word gesien as die beste aanduiding van De Stijl-argitektuur.
Kyk ook na dié video oor die Schröder-huis in Utrecht.