Vrouekeur van 4 Desember skryf Johan Myburg in die rubriek Deur die kunstenaarsoog oor die vroeë kubistiese beeldhouwerk van Pablo Picasso. Die inligting hier onder moet gelees word saam met dié rubriek
Johan Myburg
Een van Picasso se belangrikste vroeë werke, Stillewe met fraiings, word in dié rubriek bespreek.
Pablo Picasso se Stillewe met fraiings, 1914, geverfde hout met fraiings (25,4 cm). Dié werk is in besit van die Tate in Londen.
Saam met Georges Braque het Pablo Picasso skilderkuns in die rigting van die Kubisme gestuur. Maar dis Braque se kartonmodelle (as voorstudies vir sy skilderye) wat Picasso die moontlikhede van Kubistiese beeldhouwerk laat snap het.
Le courrier, 1913, ’n voorbeeld van Georges Braque se werke van geplakte papier en houtskool (510 x 570 mm). Dié werk is in die Philadelphia-kunsmuseum in die VSA.
Pablo Picasso se Kop van ’n vrou (Fernande), 1909, gips (405 x 230 x 260 mm). Dié werk, wat al beskryf is as die eerste ware Kubistiese beeldhouwerk, is in ’n private versameling.
Die positiewe/negatiewe aspekte wat Picasso in dié beeld na vore gebring het, was die impuls wat weerklink het in die beeldhouers soos Raymond Duchamp-Villon (1876-1918) se werk. Vergelyk byvoorbeeld Duchamp-Villon se Die groot perd, 1914, brons.
Raymond Duchamp-Villon se Le grand cheval (Die groot perd), 1914, brons (1000 x 987 x 660 mm). Dié beeld is in private besit.