Ná sy siekte in 1941 het Henri Matisse assistente gekry om papier met gouache te verf, waarna hy dan met ’n skêr vorms – plante, diere, figure en vorms – uitgesny het.
Johan Myburg
Die vier blou naakstudies, bekend as Nu bleu I-IV, wat dateer van 1952 is van sy laaste werk. Die vormgewing eggo Matisse se versameling Afrika-beelde en herinneringe van ‘n besoek aan Tahiti in 1930. Twintig jaar later het dié gegewens uiting gekry in dié naakstudies. Blou, en spesifiek ultramarien, was volgens Matisse die ideale beliggaming van afstand en volume.
Verlede jaar is die uitstalling The Cut-Outs in Londen se Tate Modern aangebied en daarna, tot Februarie vroeër vanjaar, ook in New York se Museum of Modern Art. Die vier Nu bleu-werke is ook vir die eerste keer saam vertoon in dié Cut-Outs-uitstalling.
Kyk na ’n lokprent vir die Tate-uitstalling
[iframe width=”350″ height=”197″ frameborder=”0″ allowfullscreen=”” src=”https://www.youtube.com/embed/rLgSd8ka0Gs?rel=0″]