Gertrude Stein het 90 keer vir Pablo Picasso geposeer
Johan Myburg
In haar boek The Autobiography of Alice B. Toklas, 1923, beskryf Stein die ontstaan van dié portret. Sy vertel dat Pablo Picasso 24 jaar oud was toe hy die portret geskilder het, dat sy nooit aan ’n portret van haarself gedink het nie en dat nóg sy nóg Picasso enige idee gehad het hoe dit gebeur het dat hy die skildery begin maak het nie.
Nietemin het Stein 90 keer vir hom geposeer.
Op ’n dag verf hy skielik die hele gesig toe. “Ek kan jou nie meer sien as ek kyk nie,” het hy verergd gesê en die skildery onvoltooid gelaat.
Dit was ná ’n besoek aan Spanje in 1906 dat hy die gesig voltooi het. Toe meer van ’n masker met oë beklemtoon deur swaar ooglede. Die oë, neus en mond raak geometries – en herinner nogal aan Afrika-maskers en antieke Iberiese beelde. Vergelyk byvoorbeeld dié antieke Iberiese beeld van ’n vrou wat dateer van 300-100 voor die begin van ons huidige jaartelling. Dié beeld is in die Spaanse nasionale argeologiese museum in Madrid.
Hier is ook ’n kort biografie van Gertrude Stein, die vrou wat soveel beteken het vir 20ste-eeuse kuns en letterkunde.