In Vrouekeur van 19 Februarie skryf Johan Myburg oor die werk van vanjaar se Standard Bank Jong Kunstenaar vir visuele kunste, Mohau Modisakeng. Die inligting hier onder is aanvullend tot die rubriek in Vrouekeur.
JOHAN MYBURG
Mohau Modisakeng beskryf sy multidissiplinêre werkwyse as kunstenaar as ? “huwelik van mediums”. Hoewel hy sy kunsopleiding aan die Universiteit van Kaapstad (UK) se Michaelis-kunsskool met beeldhou as hoofvak gekry het, is dit performance en die dokumentasie daarvan in foto’s en videos waarin hy die afgelope paar jaar uitblink.
Dié video van Rouxmour Productions bied ‘n oorsig van Mohau Modisakeng se eerste solo-uitstalling, Ditaola, in Brundyn+ in Kaapstad.
[iframe src=”https://player.vimeo.com/video/103411841″ width=”350″ height=”197″ frameborder=”0″ webkitallowfullscreen=”” mozallowfullscreen=”” allowfullscreen=””]
Dié gesprek tussen Thembinkosi Goniwe en Mohau Modisakeng is opgeneem tydens die 2013 Joburg Art Fair in Sandton.