In Vrouekeur van 27 Mei skryf Johan Myburg oor enkele aspekte van die Suid-Afrikaanse kunstenaar Minnette Vári se werk. Dié inligting is ter aanvulling tot die rubriek in Vrouekeur
Johan Myburg
Minnette Vári s in 1968 gebore. Sy het aan die Universiteit van Pretoria gestudeer en woon en werk in Johannesburg.
In haar video’s en tekeninge – waarin sy dikwels haar eie lyf gebruik in verskeie vorms van metamorfose – takel sy aspekte soos geskiedenis, identiteit en ‘n plek in ‘n samelewing.
Haar werk is ingesluit in openbare versamelings soos dié van die Johannesburg Kunsmuseum, die museum vir hedendaagse kuns in Antwerpen, België, die kunsmuseum in Luzern asook die Zürich Versicherung in Switzerland.
Besoek Vári se webwerf by www.minnettevari.com vir nog inligting.
[iframe width=”560″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/IWHJCDeUq7U” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Kyk na ‘n uittreksel uit ‘n video waarin Minnette Vári oor haar werk praat. Die dokumentêr is gemaak deur Thorolf Lipp en Tobias Wendl.