In Vrouekeur van 15 April skryf Johan Myburg oor die werk van die Frans gebore kunstenaar Marcel Duchamp. Die inligting hieronder is aanvullend tot die rubriek in Vrouekeur.
JOHAN MYBURG
Vir Duchamp was dit belangrik dat ? mens moet nadink oor kuns en nie verlei word deur ? mooi prentjie nie.
Marcel Duchamp se Fontein (360 x 480 x 610 mm). Dié betrokke weergawe van die 1917-werk is in 1964 gemaak en is in besit van die Tate Gallery in Londen.
Kyk hier na ? onderhoud wat die BBC in 1968, die jaar waarin hy dood is, met Marcel Duchamp gevoer het. Sy La mariée mise à nu par ses célibataires, même (Bruid ontklee deur haar vrygeselle), van 1915-23 kom onder meer in dié gesprek ter sprake.
Marcel Duchamp se La mariée mise à nu par ses célibataires, même – die 1966-66-weergawe deur Richard Hamilton – gemaak van glas, lood, stof en vernis op glas (2775 x 1759 mm). Dié werk is in die versameling van die Tate-galery in Londen.