Johan Myburg skryf oor Leonardo da Vinci.
Johan Myburg
’n Voorstelling van die kleur
(aan die regterkant) wat die Mona
Lisa was toe Leonardo die skil-
dery gemaak het.
Naas die Mona Lisa is sy ander bekendste skilderwerk Die laaste Avondmaal, ’n fresko in die klooster van Santa Maria delle Grazie in Milaan.
Benewens skilder en beeldhouer, is Leonardo ook bekend as uitvinder, argitek, ingenieur, geoloog en skrywer.
Onder sy bekendste uitvindings tel ’n domkrag, ’n duikboot, ’n pantservoertuig, ’n fiets en koeëllaers.
Leonardo is op 2 Mei 1519 dood in Clos Lucé in Frankryk.
Die Mona Lisa word deesdae beskerm
agter koeëlvaste glas vertoon in die Louvre
in Parys.
Leonardo het die Mona Lisa nooit voltooi nie. Dis bekend dat hy die skildery in 1516 saam met hom na Frankryk geneem het. Daarna is dit opgeneem in die Versailles-versameling.
Ná die Franse Revolusie is dit na die Louvre waar dit gehang het tot Napoleon dit in sy slaap- en later badkamer gehang het – waar dit waterskade opgedoen het.
Detail van die kleurverskil van die brug in
die agtergrond. Die verskille het aan die lig
gekom in Pascal Cotte se navorsing.
In 1956 het ’n man suur uitgegooi op die onderste deel toe dit in Montauban, Frankryk, vertoon is. In Desember van daardié jaar het ’n man ’n klip na die skildery gegooi wat ’n merk onder die linkerelmboog gelaat het.
Oor Leonardo se bemeestering van die sogenaamde sfumato-effek is heelwat navorsing gedoen. Dit het intussen geblyk dat hy tot 40 lae besonder dun vernis, waarskynlik met sy vingers, op die doek aangebring het. Dié lae het sigbaar geword met X-straal-toetse.
Die vernis, versigtig gemeng met pigmente, verleen sagte skadu’s, soos om die mond van die Mona Lisa, wat tot die onmiskenbare glimlag bydra wat lyk asof dit verdwyn as jy direk daarvoor kyk.
Detail van die mond met die
geheimsinnige glimlag.
Aangesien die vernis maande geneem het om behoorlik droog te word, is dit verstaanbaar dat skilders jare lank aan ’n enkele skildery kon werk.