In plaas van koninklike portrette om dié heersers te vlei, het die heldedade van die nuwe Republiek die nuwe brood en botter vir kunstenaars geword.
Johan Myburg
Met die aanbreek van die Franse Revolusie in 1789 was dit nie net die monargie wat verdwyn het nie – daarmee saam ook die koninklike steun vir die kunste. Frankryk was uiteraard die eerste land waar kunstenaars hulself moes herposisioneer om sonder dié beskermhere oor die weg te kom.
Napoleon steek die Alpe oor, 1801 (261 ×
221 cm), ’n skildery van Jacques-Louis
David. Dié skildery hang in die Château de
Malmaison.
In plaas van koninklike portrette en taferele om dié heersers te vlei, het die heldedade van die nuwe Republiek die nuwe brood en botter vir kunstenaars geword. En daarmee het kuns as propaganda ’n nuwe fase betree.
Bonaparte op die brug van Arcola, 1796
(130 × 94 cm). Dié skilder van Antoine-Jean
Gros hang in die Versailles-paleis buite Parys.
Napoleon steek die Alpe oor, 1801 (261 ×
221 cm), ’n skildery van Jacques-Louis
David. Dié skildery hang in die Château de
Malmaison.
Die kroning van Napoleon, ’n skildery van Jacques-Louis David, 1805/7, (6210
× 9790 cm), wat uitbeeld hoe Napoleon die kroon plaas op die kop van Josephine,
sy vrou. Dié skildery hang in die Louvre.