Johan Myburg skryf oor ’n werk van die Engelse skilder John Everett Millais (1829-1896), ’n lid van die Pre-Rafaelitiese Broederskap
Johan Myburg
In Carracci se skildery eien Millais ’n gestrooptheid wat by die Pre-Rafaeliete pas en daarop borduur hy voort binne die Arts and Craft-obsessie van die 1850’s en daarna.
John Ruskin (1819-1900), ’n gesiene kunskritikus, was aanvanklik nie danig beïndruk met Millais se Christ in the House of His Parents nie. Ruskin het egter later, namate die skildery meer aandag gelok het weens die vermeende godslasterlikheid daarvan, die skildery in briewe aan The Times verdedig.
Millais het op sy beurt ’n skildery van Ruskin gemaak in 1853. Millais het Ruskin en sy vrou, Effie, in Glenfinlas in Skotland gaan besoek.
John Everett Millais se portret van John Ruskin,
1853-4, in olie op doek.
Ruskin en Effie se huwelik was wankelrig en kort nadat Millais op die toneel gekom het, is die huwelik nietig verklaar. Millais en Effie is in 1855 getroud.