In Vrouekeur van 30 Oktober skryf Johan Myburg oor die Johannesburgse fotograaf Jo Ractliffe se uitstalling in die Metropolitan-kunsmuseum in New York.
Johan Myburg
Dié uitstalling, The Aftermath of Conflict: Jo Ractliffe’s Photographs of Angola and South Africa het in Augustus geopen en is nog tot 6 Maart in dié kunsmuseum, een van die wêreld se toonaangewendstes. Ractliffe se werk is ook ingesluit in die Suid-Afrikaanse paviljoen op vanjaar se Venesiese Biënnale.
In dié uitstalling, What Remains is Tomorrow (nog te sien in Venesië tot volgende maand), is drie triptieke uit The Borderlands ingesluit: 31/201 Battalion Commemoration Service, Platfontein, 2012; Decommissioned Military Outpost, Schmidtsdrift, 2012; en The Second Slaughter, Riemvasmaak, 2013. Foto: Met vergunning van Stevenson, Kaapstad & Johannesburg
Vir nog inligting oor die New York-uitstalling besoek die webwerf van The Metropolitan Museum of Art
Jo Ractliffe se Roadside Stall on the Way to Viana,
2007 (50 x 50 cm).Foto: Met die vergunning van
Stevenson Kaapstad en Johannesburg
Jo Ractliffe
