In Vrouekeur van 20 November skryf Johan Myburg oor die werk van die Johannesburgse kunstenaar Jaco van Schalkwyk.
JOHAN MYBURG
Jaco van Schalkwyk se skildery van die Everglades, FL 2015/02/22 17:42, olie op doek (1520 x 1520 mm).
Jaco van Schalkwyk Foto: IVAN MULLER
Van Schalkwyk (34) het ná skool begin skilder en hoofsaaklik op wilde- en plaasdiere (veral Nguni-beeste) gefokus. Dié werk het gespruit uit blootstelling aan die plaaslewe as jong seun op sy oupa se plaas naby Carolina in Mpumalanga. Later het portretstudies van sy oeuvre deelgeword.
Hier is voorbeelde van sy vroeër werk.
Jaco van Schalkwyk, Middaghappie in die kamp, 2006, olie op doek (3050 x 4050 mm)
Jaco van Schalkwyk, Hunter/Hunted, The Kill, 2007, olie op doek.
Jaco van Schalkwyk, I, John (Self Portrait), 2013, olie op doek (610 x 510 mm).
Jaco van Schalkwyk se uitstalling Eden in die Absa-galery in Johannesburg, 2015.
Meer oor die L’Atelier-kunsprys, van hierdie jaar aangebied deur Barclays
Dié kompetisie, wat al die loopbaan van heelwat van Suid-Afrika se voorste kunstenaars ’n stewige hupstoot gegee het, spog met pryse wat nie te versmaai is nie.
Die wenner kry benewens ’n kontantprys van R125 000 die geleentheid om tot ses maande in die hartjie van Parys te gaan woon en werk. Toegang tot museums is by die prys ingesluit.
Die wenner kry ook die geleentheid om binne ’n jaar nadat hy of sy teruggekeer het van Parys ’n solo-uitstalling in die Absa-galery in Johannesburg aan te bied.
Twee naaswenners kry van vanjaar ook die geleentheid om hul vlerke te sprei. Een merietepryswenner word ’n genoot van die Ampersand-stigting en kry die geleentheid om vir ’n maand in New York te woon en werk. Die ander merietepryswenner kry ’n kunstenaarsverblyf van twee maande van die Sylt-stigting op die Sylt-eiland in Duitsland. Reis en verblyf, ’n dagtoelae en ’n solo-uitstalling in die Absa-galery is by albei dié pryse ingesluit.
Soos in die verlede word die Gerard Sekoto-prys weer aan ’n kunstenaar met ’n inkomste van minder as R60 000 per jaar toegeken. Dié prys, geborg deur die Alliance Française, die Franse instituut en die Franse ambassade, sluit verblyf van drie maande in Parys in en ’n uitstalling in Johannesburg en nog stede.
Vorige ontvangers van dié gesogte prys sluit in Stefanus Rademeyer (2001), Marco Cianfanelli (2002), Sanell Aggenbach (2003), Conrad Botes (2004), Berco Wilsenach (2005), Ruth Sacks (2006), Pierre Fouché (2007), James Webb (2008), Stephen Rosin (2009), Ilka van Schalkwyk (2010), Pauline Gutter (2013) Liberty Battson (2014) en Kai Lossgott (2015).