Johan Myburg skryf oor die werk van die skilder en beeldhouer Herman Van Nazareth
Johan Myburg
Sy werk is in 1962 die eerste keer in België vertoon in ’n groepuitstalling in Gent. Die volgende jaar het hy sy eerste solo-uitstalling aangebied in Deurle naby die dorpie Nazareth waar hy ’n huisie gehuur het. Sy vriende het hom Herman Van Nazareth begin noem en die naam het gebly.
Kop, ’n beeld in brons van Herman
Van Nazareth.
Kort na sy aankoms in Suid-Afrika in 1965 – hy was op besoek vir die troue van ’n vriend in Oos-Londen en het besluit om aan te bly – het hy begin studeer aan die Michaelis-kunsskool van die Universiteit van Kaapstad. Sy skilder- en beeldhouwerk in hierdie jare, 1965 tot 1976, het onmiddellik die aandag van kritici en kopers getrek. In Augtustus 1965 is van sy werk in die Vyfde Kaapse Salon vertoon.
Van die eerste vriende wat hy in die Kaap gemaak het, was die skrywer Jan Rabie en sy vrou, die kunstenaar Marjorie Wallace, asook die digter Ingrid Jonker. Jonker is kort na hul ontmoeting in Julie 1965 dood.
In 1978 is hy terug na België waar hy ook begin werk het met marmer, Plexiglas, koper en staal.
Sedert 2000 bestaan sy beeldhouwerk grootliks uit brons met ’n besondere patina.
Sy werk is opgeneem in verskeie versamelings onder meer in België en in Suid-Afrika.