In Vrouekeur van 6 Mei skryf Johan Myburg oor die werk van die eerste Surrealiste – met spesifieke verwysing na Giorgio de Chirico. Die inligting hier onder is ter aanvulling van die Vrouekeur-rubriek
Die Spaanse digter Federico García Lorca (1898-1936) het in sy poësie die gees van die Surrealisme vertolk. Die gedig “Hora de estrelles” (“Hour of Stars”) kom uit sy tweede bundel, Libra de poemas ( Book of Poems) van 1921. García Lorca was goeie vriende met Salvador Dalí en Luis Buñuel.
Hour of Stars
(1920)
The round silence of night,
one note on the stave
of the infinite.
Ripe with lost poems,
I step naked into the street.
The blackness riddled
by the singing of crickets:
sound,
that dead
will-o’-the-wisp,
that musical light
perceived
by the spirit.
A thousand butterfly skeletons
sleep within my walls.
A wild crowd of young breezes
over the river.
Luis Buñuel (1900-1983) was ? Spaanse rolprentmaker wat in Spanje, Mexiko en Frankryk gewerk het. Hy is veral bekend vir sy kortprent Un chien andalou (Die Andalusiese hond) van 1929, ‘n swart-wit prent van 16 minute waarin ‘n jong Dalí gespeel het.
Kyk hier (op jou eie risiko) na Buñuel se Un chien andalou. Die openingstoneel is nie vir sensitiewe kykers nie. Daar is geen storielyn nie en die tydsverloop spring van “eens op ‘n tyd” tot “agt jaar later” sonder enige storie- of karakterontwikkeling. Die droomkwaliteit van die prent hou verband met Freud se siening van vrye assosiasie.
[iframe width=”420″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/BIKYF07Y4kA” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Die Franse komponis Erik Satie (1866-1925) het in 1916-17 die musiek geskryf vir Jean Cocteau se ballet Parade. Cocteau het dié eenakter geskryf vir Sergei Diaghilev se Ballet Russes. Die stel- en kostuumontwerp is gedoen deur Pablo Picasso.
Kyk hier na ‘n uittreksel uit ‘n voorstelling van Parade.
Frottage as ‘n kunsterm verwys na ‘n potlood of ‘n tekeninstrument wat gevryf word op papier wat op ‘n ongelyk oppervlak lê. Die kunstenaar Max Ernst het in 1925 die grein van ‘n plankvloer verewig deur papier op die planke te lê en die patrone van die grein vasgelê deur met ‘n sagte potlood oor die papier te vryf.