JOHAN MYBURG
In Vrouekeur van 5 Februarie skryf Johan Myburg oor die Futurisme, die kunsbeweging wat in 1908 in Milaan, Italië, ontstaan het. Onderstaande inligting is aanvullend tot die rubriek in Vrouekeur.
“Die geluid wat ? motorenjin maak het ? skoonheid wat dié van Nike van Samothrace [die marmerbeeld wat van die 2de eeu v.C. dateer en wat deesdae in die Louvre se versameling opgeneem is] by verre oortref,” was onder meer die mening van die Italiaanse digter Filippo Tommaso Marinetti (1876-1944) wat met dié beweging vorendag gekom het en die volgende jaar in die Franse dagblad Le Figaro sy idees in sy “Manifes vir Futurisme” uiteengesit het.
<copy>Hoewel Marinetti se manifes meer propaganda as produksie was, word die publikasie van “Le Futurisme” op 20 Februarie 1909 gesien as die ontstaan van performance-kuns.
Twee maande nadat die artikel in die koerant verskyn het, het Marinetti sy idees verder vlerke gegee in sy eerste verhoogstuk, Roi Bombance, ? satire van demokrasie en rewolusie, in Parys aangebied. Die stuk was bra mak, maar het reeds al die elemente besit van die performance-kuns waarvoor die Futurisme bekend sou word.
Marinetti het besef hy kan munt slaan vir sy beweging uit die politieke spanning wat tussen Italië en Oostenryk geheers het. Op 12 Januarie 1910 is die eerste “serata”, ? aandbyeenkoms, in Trieste aangebied. By dié geleentheid het Marinetti te velde getrek teen die tradisie van kommersialiesring van kuns, hy het die lof besing van patriotiese militarisme en oorlog en op die koop toe die argwaan van die Oostenrykers hom op die hals gehaal. Na die Oostenrykse polisie het hy onder meer verwys as “wandelende pissoirs”.
Die Oostenrykse konsulaat het beswaar gemaak by die Italiaanse owerheid en van toe af is die Futuriste se byeenkomste deur die polisie dopgehou.
Kyk na ? kort video waarin Vivien Greene van die Guggenheim-museum praat oor die avant-garde benaderings van die Futuriste en hoe Marinetti performance-aande gereël het as ? manier om die beweging se doelstellings te propageer. Mary Ann Hoag beskryf ook ? rekonstruksie van een van Balla se performance-aanbiedings tydens die Guggenheim se uitstalling van Italiaanse Futurisme.
http://www.guggenheim.org/video/futurist-performance-and-f-t-marinetti
Marinetti se voorliefde vir “patriotiese militarisme” was waarskynlik die aanleiding tot sy Zang tumb tumb, wat hy beskryf het as “onomatopoëtiese artillerie”. Kort daarna het die eerste uitvoering van Futuristiese “geraasmusiek” deur Marinetti en die skilder/komponis Luigi Russolo in April 1914 heelwat opspraak verwek. Russolo het verskeie geraasinstrumente, wat hy “intonarumori” genoem het, ontwikkel en gemaak.
Die program van dié uitvoering het bestaan uit “? network van geraas” met die titels: “Die ontwaking van ? stad”, “Die ontmoeting van motors en vliegtuie”, “Ete op die casino se terras”, en “Skermutseling in die oase”.
Giacomo Balla, Velocità astratta – l’auto è passata (Abstrakte spoed – die motor is verby), 1913,
olie op doek (55,2 x 70,4 x 52 cm). Dié skildery is in die versameling van die Tate-galery in Londen.
Umberto Boccioni se bronsbeeld Forme uniche della continuità
nello spazio (Unieke vorms van kontinuïteit in ruimte), 1913.
[iframe width=”350″ height=”263″ src=”https://www.youtube.com/embed/WUinl5qeoAs?rel=0″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Bekyk in dié kort video Boccioni se bronsbeeld Forme uniche della continuità nello spazio (Unieke vorms van kontinuïteit in ruimte), 1913, van alle kante.
Vergelyk Umberto Boccioni se bronsbeeld Forme uniche della continuità nello spazio
(Unieke vorms van kontinuïteit in ruimte), 1913, met die Nike van Samotrache wat in die Louvre is.
Russolo en sy assistant Piatti by die “intonarumori”, 1913.