In Vrouekeur van 9 September skryf Johan Myburg oor die werk van die Mexikaanse kunstenaar Frida Kahlo. Die inligting hier onder is ter aanvulling van dié rubriek
Johan Myburgh
Kyk na die lokprent van Julie Taymor se fliek van 2002 oor die lewe van Frida Kahlo. Die rol van Kahlo word vertolk deur Salma Hayek en dié van Rivera deur Alfred Molina.
[iframe width=”560″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/kcdDLUdX3Kc” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Kyk in dié video na ‘n kort agtergrond oor een van Kahlo se bekendste skilderye, Selfportret met halssnoer van dorings, 1940.
Klik hier om dié video oor Kahlo se huis, La casa azul, te kyk.
Henry Ford Hospital, 1932, olie op doek (38 x 30,5 cm). Dié skildery is in die versameling van Dolores Olmedo in Mexiko Stad.
In dié skildery van ? episode in die Henry Ford-hospitaal in Detroit fokus Kahlo op haar sterflikheid en die onvermoë om kinders in die lewe te bring.