Johan Myburg skryf oor die KwaZulu-Natalse kunstenaar Elizabeth Balcomb wat in September die Sasol Nuwe Handtekeninge-kunsprys ingepalm het.
Johan Myburg
Die Sasol Nuwe Handtekeninge-kompetisie word jaarliks aangebied in samewerking met die Kunsvereniging van Pretoria. Die kompetisie is oop vir kunstenaars ouer as 18 en wat nog nie voorheen ’n solo-tentoonstelling (minstens 20 werke in ’n kommersiële galery) aangebied het nie. Jonger kunstenaars wat hul stempel in die kunstewêreld wil afdruk, was nog altyd ideale kandidate vir dié prys.
In vanjaar se kompetisie is Adelheid Camilla von Maltitz as naaswenner aangewys vir haar beeldhouwerk Bodies. Daarmee het sy R25 000 verdien.
Vyf merietepryse van R10 000 elk is toegeken aan Lucienne Pallas Bestall, Bongani Innocent Khanyile, Lorienne Lotz, Josua Strümpfer en Colleen Winter.
Vanjaar se kompetisie het 587 inskrywings gelok – die meeste nog. Uit dié inskrywings is 110 gekeur om in die eindronde mee te ding. Dié werke was tot onlangs in die Pretoriase Kunsmuseum te sien.
Die beoordelaars was Pieter Binsbergen, Gregory Kerr, Cecile Loedolff, Avitha Sooful en Annali Dempsey.
Die beoordelaars het verwys na Balcomb se mens-dier-figure wat aan die ikonografie van die San herinner.
Hulle het bygevoeg dat die kombinasie van media en die spel tussen gevonde voorwerpe, sement en brons die merke dra van gevorderde behendigheid.
Meer inligting
• Kry hope inligting oor vanjaar se Sasol Nuwe Handtekeninge-wenners op www.sasolsignatures.co.za.
• Klik hier om ’n onderhoud met Elizabeth Balcomb op www.taadaa.co.za/node/87 te lees.