Johan Myburg skryf oor die werk van Édouard Manet (1832-1883), die Fransman wat gereken word as die vader van moderne kuns
Johan Myburg
Fête champêtre (Pastorale konsert), ’n skildery van om en by 1510 en wat aan Giorgione toegeskryf word, het vir Manet as vertrekpunt gedien vir sy Le déjeuner sur l’herbe. Die twee geklede mans was in die teenwoordigheid van geïdealiseerde Griekse muses – wat die naaktheid aanvaarbaar gemaak het.
Manet het in sy Le déjeuner sur l’herbe verwys na Die oordeel van Paris, ’n ets van Marcantonio Raimondi wat van om en by 1515 dateer en wat gemaak is na ’n skildery van Rafael. Let op die detail in die regterhoek van die ets.
Édouard Manet se Gare Saint Lazare, 1873, olie op doek (93,3 cm × 111,5 cm). Dié skildery is in die besit van die nasionale kunsmuseum in Washington, DC.
Édouard Manet se Un bar aux Folies Bergère, 1882, olie op doek (96 cm × 130 cm). Dié skildery hang in die Courtauld-galery in Londen.