In Vrouekeur van 8 Januarie skryf Johan Myburg oor die werk van die sogenaamde Duitse Ekspressioniste soos dit blyk uit die werk van skilders in Die Brücke en Der Blaue Reiter
Johan Myburg
Die inligting hier onder is aanvullend tot dié rubriek in Vrouekeur.
Kyk hier na ’n kort video oor Die Blaue Reiter.
[iframe width=”350″ height=”197″ src=”https://www.youtube.com/embed/jRIlx5dXO_M” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Die gedagte dat kuns en musiek innig verweef is, is nie ’n nuwe opvatting nie. Dit kom onder meer van die Grieke af en het telkens opgeduik in die geskiedenis. Goethe het byvoorbeeld geglo argitektuur is “gestolde musiek”.
Maar in die vroeg 20-ste eeu was Wassily Kandinsky die een kunstenaar wie se werk musiek maak. Benewens skilderytitels soos Komposisie en Improvisasie heet sy boek met houtdrukke van 1913 Klänge (Klanke).
[iframe width=”350″ height=”197″ src=”https://www.youtube.com/embed/oU8D7j4P6Xw” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Kyk na ’n kort video oor die latere werk van Kandinsky, maar wat nietemin insig bied in die skilder se siening van die rol en plek van moderne kuns.
[iframe width=”350″ height=”263″ src=”https://www.youtube.com/embed/AcBj9qYZCBY” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Kyk na ’n kort video oor die werk van Marc Chagall.
Wassily Kandinsky se Swart lyne, 1913. Dié skildery is in die versameling van die Solomon R. Guggenheim-museum in New York.