Daar wás aan die een kant die verligtende ideaal, maar daar was eweneens die donkerder kant van iemand soos die Markies de Sade.
Johan Myburg
Die hernieude belangstelling in die Klassieke era (van die Grieke en die Romeine) was tydens die 18de en vroeg-19de eeu só hewig dat dié tyd in die kunsgeskiedenis die naam nieu-Klassiek gekry het – ’n tyd wat soms ten onregte beskryf word as ’n teruggryp na die Griekse skoonheidsideaal. Maar so eenvoudig is dit nie.
Daar wás aan die een kant die verligtende ideaal (die era staan immers ook bekend as die Verligting) met die verhelderende intellek en ideale van iemand soos Immanuel Kant (1724-1804), maar daar was eweneens die donkerder kant van iemand soos die Markies de Sade (1740-1814).
Jacob Philipp Hackert (1737-1807) se
Groot teater, Pompeii, 1793.
Johann Heinrich Füssli (1741-1825) se
skildery Die nagmerrie, 1782.
Francisco de Goya
(1746-1828) se voor-
blad vir sy Los Capri-
cios, 1799.
- Lees volgende week in Vrouekeur meer oor die werk van die Spaanse kunstenaar Francisco de Goya.