Benoemdes vir die 2015 Turner-kunsprys
Johan Myburg
Sedert die Turner-prys, genoem na die Engelse skilder JMW Turner (1775-1851), in 1984 vir die eerste keer toegeken is, was daar nog feitlik elke jaar opspraak rondom dié prys met ‘n algehele waarde van net minder as R800 000.
Malcolm Morley, die eerste wenner, het byvoorbeeld dié ‘perdereisies’, soos hy daarna verwys het, as ‘veragtelik’ afgemaak en nie vir die prysaand opgedaag nie. Hy het die prysgeld egter nie van die hand gewys nie.
Die opmerking van die destydse Britse minister vir kultuur dat Morley syns insiens nié die sterkste kandidaat was nie, het verder gesorg vir mediadekking en die Turner-prys van meet af in die kollig geplaas.
Toe Damien Hirst die prys in 1995 wen met werk soos The Physical Impossibility of Death in the Mind of Someone Living, ’n lewensgrootte haai in ’n glaskas met formalien, en Tracey Emin in 1999 met My Bed, ’n onopgemaakte dubbelbed, was die gort vir baie mense gaar. Is dit kuns, wou hulle weet?
In 2000 het die Stuckist-groep sy eerste betoging teen die Turner gehou en die prys beskryf as ’n ‘voortgaande nasionale grap’. ‘Die enigste kunstenaar wat nié gevaar loop om die Turner-prys te wen nie,’ het hulle betoog, ‘is Turner.’
Dié video is geskiet tydens die aankondiging van die benoemdes vir vanjaar se Turner-kunsprys. Die video sluit ook in onderhoude met lede van die beoordelaarspaneel.
The Guardian het dié kort video gemaak wat ’n oorsig bied van die afgelope 30 jaar van die Turner-prys.
Kerbel (45), gebore in Kanada, is benoem vir haar DOUG, ’n
musikale komposisie in nege dele vir ses stemme. Dié
werk is gemaak in opdrag van The Common Guild in Glasgow.
Camplin (44) is ’n kunsdosent aan die Goldsmiths-kunsskool in
Londen en is benoem vir haar installasiewerk The Military
Industrial Complex wat sy in die South London-galery vertoon het.
In dié werk verken sy die idee van “konsensus-werklikheid”,
spesifiek in verband met geestesgesondheid.
Wermers (43) is van Duitsland en is benoem vir haar uitstalling
Infrastruktur wat vertoon is in die Herald Street-galery in
Bethnal Green. In dié werk, nertsjasse wat oor Marcel Breuer-
stoele gedrapeer is, verken die verband tussen ontwerp en
smaak en bowenal ’n verbruikerskultuur.