Kort ná die aanbreek van die 20ste eeu het die eerste dekade of wat ’n verskeidenheid kunsrigtings opgelewer
Onder dié kunsrigtings tel: Fauvisme, Kubisme, Ekspressionisme, Futurisme en later ook Dada en Surrealisme. Van dié bewegings het nie lank geduur nie, maar die invloed op moderne kuns was van groot belang.
Fauvisme was waarskynlik die eerste van dié bewegings toe ’n naam daaraan gekoppel is in 1905 deur die kunskritikus Louis Vauxcelles. Vauxcelles het geskryf oor die sogenaamde Herfssalon van Oktober 1905 – ’n uitstalling van werk deur Henri Matisse, André Derain, Maurice de Vlaminck, Albert Marquet Henri Manguin, Louis Valtat en Jean Puy. Met dié kunstenaars se baldadige kleurgebruik het hy in ’n resensie verwys na ’n beeld van Donatello wat in die galery gestaan het, as “Donatello parmi les fauves” (Donatello tussen die wilde diere).
Kyk na dié video oor die Fauvisme
[iframe width=”350″ height=”197″ frameborder=”0″ allowfullscreen=”” src=”https://www.youtube.com/embed/Wp0Y8Cgbg1o?rel=0″]
Nóg voorbeelde van Fauvisme:
Henri Matisse se Vrou met ’n hoed, 1905.
Dié werk is in die San Francisco-kunsmuseum.
Henri Matisse se Luxemburg-tuin, 1901,
Hermitage-museum in St. Petersburg.
André Derain se Charing Cross Bridge, London, 1906.
Dié skildery is in die nasionale kunsmuseum in Washington.
Georges Braque se Olyfboom naby l’Estaque, 1906.
Dié skildery is in 2010 gesteel uit ’n museum in Parys.