Van skone kunste na die visuele kunste.
Johan Myburg
Die ‘skone kunste’ was tot ’n paar dekades gelede nog die sambreelbegrip vir die soort kuns wat ’n mens in ’n museum sou aantref – as onderskeiding van byvoorbeeld musiek en teater as kunsvorms.
Dié begrip het egter sy status verloor en deesdae is “visuele kunste” die beskrywing wat gebruik word vir dissiplines soos skilder- en tekenkuns, nuwe media asook beeldhou-, installasie- en performance-kuns. Kortom, vir kuns wat op die oog ’n appèl maak.
Leonoardo da Vinci se Mona Lisa, die skildery wat tans
in die Louvre in Parys vertoon word.
Hier is ’n paar voorbeelde van die plek wat toegeken is aan proporsie in die skoonheidsideaal.
As uitgangspunt vir ontwerp het die Grieke die sogenaamde “goue ratio” gebruik. Die goue ratio, ook genoem die goue snit, die goddelike proporsie of aangedui met die Griekse letter “phi” na die beeldhouer Phidias, is die berekende syfer wat jy kry as jy ’n lyn in twee deel sodat die langer deel, gedeel deur die kleiner deel, ook gelyk is aan die hele lengte gedeel deur die langer gedeelte.
In wiskundige taal lyk die berekening só: a/b = (a+b)/a = 1.6180339887498948420 …
Komposisie met grys en ligbruin deur die Nederlandse
skilder Piet Mondrian (1944).
In die 1202 het die wiskundige Fibonacci vorendag gekom met berekenings, geskoei op ou Sanskrit-meetkunde, wat met die “goue spiraal” ’n naam gegee het aan ’n verskynsel wat in die natuur voorkom: onder meer in die rangskikking van ’n sonneblom se saad en die vorm van ’n skulp.
Die laaste Avondmaal deur Leonardo da Vinci.
Die goue ratio is gesien as aanduiding van die volmaakte proporsie en daarvolgens is onder meer die Parthenon gebou. En daarvolgens het Leonardo sy Mona Lisa geskilder. En Die laaste Avondmaal.
Die Parthenon op die Akropolis in Athene.
En kyk ook na Piet Mondrian se skilderye en jy vind ook daarin die goue ratio.
Die geboorte van Venus deur die Italiaanse kunstenaar Sandro Botticelli (1445-1510).
Venus deur die Duitse kunstenaar Lucas Cranach die Ouere (1472-1552).
(1477/8-1510).