Johan Myburg skryf oor die werk van die Duitse kunstenaar Caspar David Friedrich (1774-1840)
Johan Myburg
Caspar David Friedrich (1774-1840) was een van die belangrikste landskapskilders in die Duitse Romantiek. Teen die begin van die 19de eeu was daar in Europa ’n groeiende wantroue in materialisme en belangstelling in spiritualiteit het toegeneem.
Hy het in Kopenhagen studeer voordat hy hom in 1798 in Dresden gevestig het.
Caspar David Friedrich, Das Eismeer, 1823/24, olie op doek (96,7
× 126,9 cm). Dié skildery is in die besit van die Kunsthalle in
Hamburg, Duitsland.
Hoewel hy in sy leeftyd gereken is as kunstenaar, het sy werk teen die tweede helfte van die 19de eeu op die agtergrond verdwyn.
Dit was eers in 1906, met ’n uitstalling van sy werk in Berlyn, dat hy weer die aandag getrek het.
Vroeg in die 20ste eeu het die Ekspressioniste sy werk aangeprys. In die 1930’s en 1940’s was sy werk inspirasie veral vir die Surrealiste.