In Vrouekeur van 11 Desember skryf Johan Myburg in die rubriek Deur die kunstenaarsoog oor die 1913 Armory Show wat in New York aangebied is en die VSA blootgestel het aan Europese moderne kuns. Die inligting hier onder is aanvullend tot dié rubriek
Johan Myburg
Walter Pach, die man wat ’n leeue-aandeel gehad het in die keuse van die werk vir die 1913 Armory Show.
Drie van die werke waarop hulle besluit het vir die Armory was Henri Matisse se Souvenir de Biskra, Le madras rouge en Marcel Duchamp se Nu descendant un escalier wat hy in 1912 voltooi het en wat dieselfde jaar afgekeur is vir die Paryse Salon des Indépendants.
Marcel Duchamp se Nu descendant un escalier n° 2 (Naakfiguur wat teen ’n trap afkom, no. 2), 1912, in olie op doek (147 x 89,2 cm). Dié werk is deel van die versameling van die Philadelphia-kunsmuseum.
Henri Matisse se Le madras rouge (Die rooi madras-kopdoek), 1907, in olie op doek (100 x 81 cm). Dié skildery is opgeneem in ’n Amerikaanse versameling.
Henri Matisse se Souvenir de Biskra (Blou naakfiguur), 1907, in olie op doek (92,1 x 140,3 cm). Dié skildery is in die versameling van die Baltimore-kunsmuseum.
Kyk na ’n bespreking van die 1913 Armory Show en hoe die Amerikaanse publiek dié uitstalling beleef het.
[iframe width=”350″ height=”263″ frameborder=”0″ src=”https://www.youtube.com/embed/qJWLoXziXC4″ allowfullscreen=””]
Dié uittreksel uit The Great Confusion: The 1913 Armory Show is geskryf, geregisseer en aangebied deur Michael Maglaras. Die wins van dié video is die konneksie wat gemaak word tussen die werk van Edward Muybridge en dié van Marcel Duchamp en Frances Picabia.