In Vrouekeur van 1 April skryf Johan Myburg oor die werk van die Chinese kunstenaar Ai Weiwei. Die inligting hieronder is ter aanvulling van die rubriek in Vrouekeur
JOHAN MYBURG
Ai Weiwei is in 1957 gebore in ? ouerhuis waarin kritiek teen die regering nie vreemd was nie. Sy pa, die digter Ai Qing, is kort na Ai se geboorte deur die Chinese Kommunistiese Party as ‘n regsgesinde geëtiketteer en in 1958 is die hele gesin na ‘n strafkamp in Beidahuang gestuur. Later is die gesin verban na Shihezi in Xinjiang waar hulle vir 16 jaar gewoon het.
Die gesin het in 1976, ná Mao Zedong se dood en die einde van die Kulturele Revolusie teruggekeer na Beijing.
In 1978 is Ai na die Beijing-rolprentakademie waar hy animasie gestudeer het.
Van 1981 tot 1993 het hy in die VSA aan die Parsons-ontwerpskool in New York gestudeer. Hy het sy studies gestaak en op straat portrette gemaak om aan die lewe te bly. In dié tyd het hy in aanraking gekom met die werk van Marcel Duchamp, Andy Warhol en Jasper Johns en het hy die moontlikhede van konseptuele kuns en “ready mades” besef.
Toe sy pa siek word in 1993 is hy terug China toe en het hy gehelp om ‘n eksperimentele kunstenaarsoord in Beijing op die been te kry.
In 1999 het hy ‘n woonplek/ateljee in Beijing gebou. Dit was sy eerste ervaring van argitektuur. Sy gevoel vir dié kunsvorm het gelei tot die totstandkoming van Fake Design, ‘n argitektuur-ateljee.
In 2008 was hy deel van die ontwerpspan wat verantwoordelik was vir die stadion in Beijing vir die Olimpiese Spele. Later het Ai hom gedistansieer van dié stadion, bekend as die “Voëlnes”. Op ‘n vraag waarom hy dan deelgeneem het in die ontwerp van die stadion het hy gesê: “Ek het dit gedoen omdat ek hou van ontwerp.”
In 2014 het Ai Weiwei sy Trace in die Alcatraz-gevangenis in die San Francisco-baai vertoon. Dié Lego-portrette van 176 politieke gevangenes, bannelinge en uitgewekenes is saamgestel uit 1,2 miljoen Lego-stukke. Die uitstalling het geheet @Large: Ai Weiwei on Alcatraz. Dié video bied ‘n aanduiding van die omvang van die uitstalling.
[iframe width=”400″ height=”225″ src=”https://www.youtube.com/embed/EDQRb06zd-0?rel=0″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
In dié video praat Kitty Scott, kurator van die Kanadese
Art Gallery of Ontario (AGO), oor die installasie van Straight in dié galery.
[iframe width=”400″ height=”225″ src=”https://www.youtube.com/embed/e1ak4cj1YD0?rel=0″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Kyk na dié twee videos oor Sunflower Seeds – die eerste oor die
maak van die porselein-pitte en die tweede oor ‘n voor-openingsbesoek aan die Tate Modern in Londen.
[iframe src=”https://player.vimeo.com/video/52688185″ width=”500″ height=”281″ frameborder=”0″ webkitallowfullscreen=”” mozallowfullscreen=”” allowfullscreen=””]