Van Antonio Vivaldi (1678-1741) het die 20ste-eeuse Italiaanse komponis Luigi Dallapiccola gesê: Vivaldi het een concerto 500 keer oor geskryf – nie 500 verskillende concerti nie. ’n Opvatting wat Igor Strawinski geëggo het.
Johan Myburg
En daar is steeds mense wat meen Vivaldi se concerti klink alles dieselfde. Maar dan moet ’n mens in gedagte hou dat sy oogmerk nooit was om ’n blywende kunswerk na te laat nie. In die 18de eeu was musiek vir verskillende geleenthede en omstandighede die bepalende faktor. En as daar min tyd was, is bestaande musiek verwerk om te voldoen aan die aanvraag.
In ’n tyd toe Venesië reisigers van heinde en verre gelok het, was musiek wat luister kon verleen aan die menigte spesiale geleenthede in aanvraag. En hieraan het Vivaldi beantwoord. Hy was onder meer bekend daarvoor dat hy vinniger kon komponeer as wat ’n kopieerder die verskillende partye vir die instrumente kon uitskryf.
Waarin Vivaldi meesterlik geslaag het, is om die vorm van die concerto te ontgin. En sy bydrae strek soveel verder as Die vier seisoene (waarvan daar ver meer as 100 opnames bestaan). Die Britse musikoloog en Vivaldi-kenner Michael Talbot het in sy navorsing Vivaldi se bydrae op ses terreine gestel:
die ontwikkeling van die dubbelkonsert
[iframe width=”350″ height=”263″ frameborder=”0″ allowfullscreen=”” src=”https://www.youtube.com/embed/Ad7qwg6-N9w?rel=0″]
die konsert waarin die strykers op hul eie tereg kom
[iframe width=”350″ height=”197″ frameborder=”0″ allowfullscreen=”” src=”https://www.youtube.com/embed/3xRVoTFW01o?rel=0″]
die kamerkonsert
[iframe width=”350″ height=”197″ frameborder=”0″ src=”https://www.youtube.com/embed/3plv3TIimIg?rel=0″ allowfullscreen=””]
die ensemble-konsert
[iframe width=”350″ height=”197″ frameborder=”0″ allowfullscreen=”” src=”https://www.youtube.com/embed/6ztsmTmFWJ8?rel=0″]
die solo-konsert
[iframe width=”350″ height=”263″ frameborder=”0″ src=”https://www.youtube.com/embed/nIZ_PZc07ec?rel=0″ allowfullscreen=””]
en die solo-konsert met twee strykorkeste
[iframe width=”350″ height=”197″ frameborder=”0″ allowfullscreen=”” src=”https://www.youtube.com/embed/FuRqgPSKj7A?rel=0″]
Vivaldi op CD
As jy reeds Die vier seisoene het (indien nie, kyk uit vir die weergawe met Janine Jansen as solis op Decca 475 6907 DH), oorweeg gerus Vivaldi se agt fluitkonserte.
Die Switsers-Duitse fluitspeler Emmanuel Pahud is die solis saam met die Australiese Chamer Orchestra met Richard Tognetti as dirigent in dié weergawe op EMI Classics – 0946 3 47212 2 6