In Vrouekeur van 22 April skryf Johan Myburg oor die Suid-Afrikaanse sopraan Pretty Yende.
JOHAN MYBURG
Die inligting hier onder is ter aanvulling van die Vrouekeur-rubriek.
Pretty Yende as grafin Adèle in Rossini se Le comte Ory. Die aris is “Vous que l’on dit sensible” uit die tweede bedryf. Die dirigent van dié produksie uit die Met se 2012/13-seisoen is Maurizio Benini.
‘? Opname van Pretty Yende se vertolking van “Qui la voce sua soave” uit Vincenzo Bellini se I puritani in 2013. Die dirigent by dié geleentheid in Moskou was Vladimir Spivakov.
Pretty Yende vertolk Mozart se “Exsultate, jubilate”, K. 165, saam met die Verbier-fees se kamerorkes onder leiding van Joshua Bell. Dié opname is tydens die Verbier-fees in Julie/Augustus 2015 in Switserland gemaak.