Die KwaZulu-Natal Filharmoniese Orkes se Somerseisoen begin op 18 Februarie en strek oor ses weke tot 31 Maart. Daar is nie op 24 Maart ? konsert nie
JOHAN MYBURG
Drie Suid-Afrikaanse uitvoerende kunstenaars – Pieter Schoeman (viool), Anmari van der Westhuizen (tjello) en Christopher Duigan (klavier) – is ingesluit in die KZNFO se eerste seisoen met musiek búíte die gewone wat ? mens jaar in en jaar uit op konsertprogramme sien.
In die eerste konsert op 18 Februarie is die Duitse dirigent Wolfram Christ op die podium in die Durbanse Stadsaal in ? uitvoering van die Oberon-ouverture van Weber; die Dubbelkonsert (vir viool en tjello) van Brahms en die Simfonie no. 6. (Pastoraal) van Beethoven. Die soliste is Pieter Schoeman en Anmari van der Westhuizen.
Christ is terug vir die tweede konsert op 25 Februarie saam met die Russiese pianis Olga Kern as solis in die Klavierkonsert no. 1 van Rachmaninoff. Die ander twee werke op dié program is “Die rots” op. 7, ? fantasie van Rachmaninoff, en die Simfonie no. 7 van Dvorák.
Die Russiese hobo-speler Alexei Ogrintchouk lei die KZNFO in die derde konsert van die seisoen op 3 Maart in die Sonate vir strykers, no. 1, van Rossini; die Hobokonsert K. 314, van Mozart waarin hy ook die solis is; en die Simfonie no. 104 van Haydn.
Op 10 Maart is die Brit James Ross op die podium met die Russiese violis Farida Bacharova as solis in die Vioolkonsert van Mendelssohn. Die konsert begin met die Fidelio-ouverture van Beethoven en die slotwerk is die Simfonie no. 2 van Ives.
Die voorlaaste konsert op 17 Maart het die werk van die Amerikaanse komponis George Gershwin en die Japanse komponis Takashi Yoshimatsu op die program. Van Gershwin is ingesluit American in Paris; Rhapsody in Blue en Porgy and Bess – A Symphonic Picture. Die Yoshimatsu-werk is sy Cyberbird-konsert vir saxofoon, klavier en orkes, op. 59 (1994). Ross is weer voor die KZNFO en die soliste is Chris Duigan (klavier), David Selleras (saxofoon) en Stéphane Pechaux (perkussie).
Die seisoen kom tot ? einde op 31 Maart met ? uitvoering van Nag op ? kaal berg van Moessorgski, die Klavierkonsert no. 1 van Beethoven en die slotwerk, die Simfonie no. 2 van Rachmaninoff. Die dirigent is Daniel Boico en die solis is Daniel Gortler, albei in Israel gebore.
Die konserte begin telken om 19:30. Bespreek kaartjies by Computicket.
Christopher Duigan, boorling van KwaZulu-Natal, het aan die Royal Northern College of Music (RNCM) in Manchester, Brittanje, gestudeer en was ook die wenner van die roemryke RNCM-prys vir pianiste. Hy word gereken as een van Suid-Afrika se voorste konsertpianiste en tree gereeld saam met die KZNFO en die JPO asook in die buiteland op. Benewens sy liefde vir die wye repertorium van kunsmusiek het Duigan ? besonder eklektiese musieksmaak. Saam met die Spaanse saxofoonspeler David Salleras het hy verlede jaar ? landwye toer onderneem en benewens egte flamenco-saxofoonklanke ook musiek ingesluit van Piazzolla en Richard Guiness.
Luister hier na Christopher Duigan en David Salleras se weergawe van Duigan se “Soledad”.
Pieter Schoeman
Pieter Schoeman het in 1991 die oog gevang van die violis Pichas Zukerman wat aanbeveel het hy studeer onder Sylvia Rosenberg in New York. In 1994 het hy haar assistent aan die Indiana-univeristeit in Bloomington geword. Schoeman is konsertmeester van die London Philharmonic Orchestra. As solis het hy in verskeie konsertsale opgetree: onder meer in Nederland, Rusland, Duitsland, die VSA en Brittanje. In 1995 is hy aangewys as die medeleier van die Orchestre Philharmonique de Nice. Hy tree dikwels as konsertmeester van orkeste in Barcelona, Bordeaux, Lyon, Baltimore en Rotterdam.
Pieter Schoeman (viool) en Alexander Zemtsov (altviool) is die soliste in die Dubbelkonsert vir viool en altviool (1932) van Benjamin Britten in dié opname van die London Symphony Orchestra onder leiding van Vladimir Jurowski. Op dié CD is ook die Variations on a Theme of Frank Bridge en Les Illuminations. Die sopraan is Sally Matthews.
Anmari van der Westhuizen
Anmari van der Westhuizen het ná haar studie aan die Universiteit van Stellenbosch haar verder bekwaam in Duitsland, onder meer aan die Hochschule für Musik in Keulen onder leiding van Maria Kliegel. Van der Westhuizen het die eerste uitvoerings gegee van tjellowerke deur die Oostenrykers Wolfgang Nenning en Hannes Heher en plaaslik het Hubert du Plessis en Hendrik Hofmeyr werk aan haar opgedra. Sy is lid van die Bloemfonteinse Odeion-strykkwartet en is mede-professor in tjello aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy is ook mededirigent van die Vrystaatse Jeugorkes.
Kyk hier na ? promosie-video vir Anmari van der Westhuizen (tjello) en Ilse Schumann (klavier) se CD waarop hulle uittreksels uit die Sonate vir tjello en klavier in g, op. 65 van Chopin, die Sonate vir tjello en klavier in a, op, 36, en die “Liebesleid” van Kreisler speel. Die CD kan hiér bestel word op die webwerf.