In Vrouekeur van 11 Desember skryf Johan Myburg oor die musiek van Joseph Haydn as verteenwoordiger van die musiek van die Klassieke era. Die inligting hier onder moet gelees word saam met die rubriek
Johan Myburg
In 1761 het Haydn in die diens getree van die Hongaarse prins, Paul Anton Esterházy, bekend as Nikolaus I, en tot sy dood op 77 ’n werknemer van dié familie gebly, waar hulle ook al vertoef het. Of dit nou Schloss Esterházy in Eisenstadt was of later in Eszterháza, ’n nuwe paleis in Hongarye wat gebou is as teenvoeter vir Versailles.
Luister na Haydn se Simfonie no. 94 in G, die Verrassing-simfonie, uitgevoer deur die Weense Filharmoniese Orkes onder leiding van Leonard Bernstein.
[iframe width=”350″ height=”263″ frameborder=”0″ allowfullscreen=”” src=”https://www.youtube.com/embed/eVXalu0p1wo”]
Dié simfonie het dié bynaam gekry as gevolg van die skielike fortissimo-akkoord in die andersins sagte tweede beweging. In Duits staan dié simfonie bekend as “mit dem Paukenschlag” (met ’n hou op die pouke).
Die legende is dat Haydn sy slapende gehore wou wakker skud.
Kyk hier na “Die Himmel erzählen”, ’n gedeelte uit Haydn se Die Schöpfung. Die dirigent is die Nederlander Klaas Stok.
[iframe width=”350″ height=”197″ frameborder=”0″ src=”https://www.youtube.com/embed/rkb54z8i4l0″ allowfullscreen=””]
Luister na Hamish Milne se vertolking van Haydn se Sonate in E-mol Hob. XVI:52. Die Hob.-nommer wat by Haydn se werke verskyn dui op die katalogisering deur Anthony van Hoboken van 750 van Haydn se werke.