In Vroukeur van 13 November kom Johann Sebastian Bach as eksponent van die laat-Barok in Duitsland aan die orde
JOHAN MYBURG
In Vroukeur van 13 November kom Johann Sebastian Bach as eksponent van die laat-Barok in Duitsland aan die orde.
Kyk hier na Angela Hewitt se uitvoering en van dele uit Bach se Das wohltempierte Klavier, maar waarin sy ook inligting gee oor die uitvoering van Bach se werk op die klavier.
Luister hier na ’n uitvoering van Bach se Brandenburg Concerto No. 3 in G, BWV 1048 deur die Freiburger Barockorchester.
Oorweeg dié opnames
John Eliot Gardiner is voor die Monteverdi Choir & English Baroque Soloists in dié DVD van die BBC met Bach-kantates en ander koorwerke. Die soliste is Magdalena Kozená (sopraan), William Towers (alt), Mark Padmore (tenoor) en Stephen Loges (bas).
Opnames van die Goldberg-variasies sluit dié in van die Kanadese pianis Glenn Gould (hou net in gedagte dat hy hoorbaar saam neurie!), die Amerikaner Murray Perahia, en die Brits-Kanadese pianis Angela Hewitt.
Die Franse pianis en jazz-eksponent Jacques Loussier (1934) is onder meer bekend vir sy jazz-interpretasie van Bach se musiek, soos die Goldberg-variasies.
Oorweeg dié DVD wat gemaak is ter viering van Loussier se 70ste verjaardag in die St. Thomas-kerk in Leipzig. Jacques Loussier Trio play Bach … and more (2004/2014). Blu-ray | MPEG-4 AVC.
Kyk hier na Loussier en sy trio se weergawe van Bach se “Praeludium”.