In Vrouekeur van 27 November skryf Johan Myburg oor Florence Foster Jenkins, die Amerikaanse vrou wat gemeen het sy kan sing. Florence, die Britse regisseur Stephen Frears se rolprent geskoei op haar lewe, word glo volgende jaar uitgereik. Meryl Streep vertolk die rol van Florence Foster Jenkins in dié fliek.
JOHAN MYBURG
Die inligting hier moet gelees word saam met die Vrouekeur-rubriek.
Meryl Streep as Florence Foster Jenkins en Hugh Grant as St. Clair Bayfield in Florence.
Foster Jenkins se repertorium het werke ver bo haar vuurmaakplek ingesluit: soos “Der Hölle Rache”, Mozart se Koningin van die Nag-aria uit Die Zauberflöte, verskeie Brahms-Lieder en ook liedere wat sy en McMoon geskryf het.
Luister na Florence Foster Jenkins se opname van “Der Hölle Rache”, Mozart se Koningin van die Nag-aria, uit Die Zauberflöte.
Teen die laat-1930’s het sy uit haar eie sak vyf plate by Melotone in New York opgeneem met opera-arias. Dié opnames het versamelitems geword (juis omdat dit so vrot was) en het later onder ander etikette verskyn (met spottende titels).
Onder dié opnames is A Florence! Foster!! Jenkins!!! Recital!!!! (RCA Victor, 1954), Florence Foster Jenkins: The Glory (????) of the Human Voice (RCA Victor 1962), Florence Foster Jenkins and Friends: Murder on the High Cs (Naxos Nostalgia, 2003) en The Muse Surmounted: Florence Foster Jenkins and Eleven of Her Rivals (Homophone, 2004).