JOHAN MYBURG
Het die groterwordende orkeste van die 19de eeu meer instrumente genoodsaak of het die ontwikkeling van instrumente gelei tot groter orkeste? Dis een van daardie hoender-eier-vrae.
Wat ? feit is, is dat die eerste helfte van die 19de eeu die tyd was van verfyning van bestaande instrumente en van die ontwikkeling van nuwes – soos byvoorbeeld die saxofoon. Dié instrument is so vroeg as 1840 deur die Belgiese instrumentmaker Adolphe Sax gemaak. En met die koms van die saxofoon is die gaping tussen die houtblasers en die koperblasers gevul.
Luister hier na Jim Scimonetti, die Amerikaanse instrument-restoureerder, wat op ? saxofoon speel wat in die 1860’s gemaak is deur Adolphe Sax.
[iframe width=”350″ height=”197″ src=”https://www.youtube.com/embed/d0EoCY8Dl1M?rel=0″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
In die Beethoven-huismuseum in die Duitse stad Bonn word ? Broadwood gelykstaande aan dié een wat Beethoven besit het, uitgestal.
Op die drumpel van die Romantiese era wat op die Klassieke era gevolg het, het die uitvinding van kleppe koperblasers veel soepeler instrumente gemaak en het komponiste vir ? groter koperblaasbesetting begin skryf: vir Franse horings, trompette, trombone en tubas.
Houtblaasinstrumente is eweneens aangepas en uitgebrei. Benewens die dwarsfluit het die piccolo aangesluit by die orkesgeledere. En benewens die hobo ook die Engelse horing (cor anglais), en die basklarinet en kontra-fagot.
Groter perkussie-verteenwoordiging het nodig geword en ? harp of twee was nie ongewoon nie.
Openbare belangstelling in musiek en die opkoms van amateur-musici het gelei tot die massaproduksie van instrumente. Klaviere wat gemaklik die hele spektrum van musieknote dek, het gewild geraak vir begeleiding van sangers tydens huiskonserte.
Die pianoforte waarmee Bartolomeo Cristofori (1655-1731) vroeg in die 18de eeu vorendag gekom het, is aangepas. Dikker snare is aangebring en die hameraksie is verfyn.
Instrumente gemaak deur verskillende vervaardigers het dikwels verskillende toonkleure gehad. Komponiste soos Beethoven en later Liszt het byvoorbeeld instrumente verkies met krag en volume. Beethoven het ? voorkeur gehad vir die Broadwood-klavier wat teen daardie tyd die mees robuuste klavier beskikbaar was. So het Chopin weer ? Pleyel-klavier verkies. Dié instrument met sy kleiner hamers het ? intiemer en fyner klank voortgebring. Dié eienskap het dit vir die pianis moontlik gemaak om lig en besonder vining te kon speel.
Toe Mozart in 1777 op pad was van Salzburg na Parys, het hy in Augsburg vir die eerste keer op ? Stein-klavier, gebou deur Johann Georg Andreas Stein (1728-1792), gespeel. Hy het onmiddellik aan sy pa geskryf oor dié wonderlike klavier – wat ? mens laat wonder oor die instrumente waaraan hy dan gewoond was! “Stein se klaviere het dié voordeel dat hulle gebou word met ? aflos-aksie. Daarsonder is dit onmoontlik vir die snare om aan te hou vibreer nadat die noot gedruk is. En as ? mens die noot druk val die hamers onmiddellik nadat die snaar geslaan is terug, of jy nou die noot afgedruk hou of nie.”
Beethoven het op ? Stein sy eerste sonates gekomponeer, maar dié klavier vyf oktawe was vir hom te beperkend. Daarom het hy ? Streicher met vyf en ? half oktawe gekry.
Teen 1817 het die doofwordende Beethoven ? luider klavier nodig gehad. Die Engelse klaviermaker Thomas Broadwood was juis toe op besoek aan Wene en het Beethoven ontmoet. Terug in Londen het hy ? klavier, spesiaal gesnaar met vier snare per noot, laat bou en die volgende jaar vir Beethoven gestuur. Dié klavier het ? span van ses en ? half oktawe gehad.
Ná Beethoven se dood in 1827 is die Broadwood op ? veiling van die hand gesit. ? Handelaar het dit gekoop en later as geskenk vir Franz Liszt gegee. Die klavier is tans in die nasionale museum in Boedapest.
Luister hier na die Oostenrykse pianis Paul Badura-Skoda se vertolking van die laaste beweging van Beethoven se Sonate no. 21 in C, op. 53 (Waldstein) op ? Broadwood-klavier van om en by 1815. Die Waldstein-sonate (1804) is een van die drie bekendste sonates uit Beethoven se sogenaamde middelperiode (die ander twee is op. 57 (Appasionata) en op. 81a (Lex Adieux).