JOHAN MYBURG
In Vrouekeur van 5 Februarie skryf Johan Myburg oor die ontwikkeling van orkesintrumente, en ook die klavier, in die vroeg 19de eeu. Die inligting hier onder is aanvullend tot die rubriek in Vrouekeur.
Luister hier na Jim Scimonetti, die Amerikaanse instrument-restoureerder, wat op ‘n saxofoon speel wat in die 1860’s gemaak is deur Adolphe Sax.
[iframe width=”350″ height=”197″ src=”https://www.youtube.com/embed/d0EoCY8Dl1M?rel=0″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
In die Beethoven-huismuseum in die Duitse stad Bonn word ? Broadwood
gelykstaande aan dié een wat Beethoven besit het, uitgestal.
Luister hier na die Oostenrykse pianis Paul Badura-Skoda se vertolking van die laaste beweging van Beethoven se Sonate no. 21 in C, op. 53 (Waldstein) op ? Broadwood-klavier van om en by 1815. Die Waldstein-sonate (1804) is een van die drie bekendste sonates uit Beethoven se sogenaamde middelperiode (die ander twee is op. 57 (Appasionata) en op. 81a (Lex Adieux).