In Vrouekeur van 4 Desember skryf Johan Myburg in die rubriek Klassieke klanke oor die totstandkoming van die Klassieke era in musiek
Johan Myburg
Die Gore-familie en George, die derde graaf Cowper, 1775, geskilder deur Johan Joseph Zoffany (1733-1810). Dié skildery verbeeld ’n huiskonsert met klavier en tjello. Die boks-tipe klavier was teenoor die vleuelklavier ’n standard huisinstrument.
Hoewel vroue, benewens as sangers, nie as professionele musikante toegelaat is nie, het hulle as amateurs ’n leeue-aandeel gehad in die totstandkoming van musiek as tuisvermaak. Komponiste het veral klaviermusiek spesiaal vir hierdie amateurs begin skryf.
Die klavier, oftewel die pianoforte, wat ontwikkel is deur Bartolomeo Christofori (1655-1732), is aanvanklik met agterdog bejeen, maar teen 1760 het dié instrument wat hard én sag kon speel (vandaar die piano + forte), die klavesimbel begin oorskadu. Klaviere is in Oostenryk, Duitsland, Frankryk en Engeland vervaardig.
[iframe height=”197″ frameborder=”0″ width=”350″ src=”https://www.youtube.com/embed/rM6-DJZc6uI” allowfullscreen=””]
Kyk hier na ’n kort oorsig oor die ontstaan van die klavier.
Kyk hier na ‘n artikel oor Britanje se oudste klavier, wat 240 jaar nadat dit gemaak is, weer gespeel is. Luister ook hier na ’n gedeelte van ’n Haydn-sonate gespeel deur Norberto Broggini op die klavier wat in 1772 met die hand gemaak is deur Americus Backers in Londen.
En as jy meer wil weet oor hedendaagse klaviere, laat John Steinway (1917-1989) jou op ’n toer neem deur Steinway se fabriek in New York om te wys hoe dié befaamde firma hulle klaviere bou.