In Vrouekeur van 29 Januarie skryf Johan Myburg oor die 11de Darling-musiekervaring, ook bekend as die Weskuns-klassiekemusiekfees, wat van 29 Januarie tot 14 Februarie in dié dorp sowat 80 km noord van Kaapstad plaasvind
JOHAN MYBURG
Kyk na ‘n video met inligting oor die Darling-musiekervaring wat vanjaar op feesgangers wag.
Kyk na ‘n opname van die ouverture tot Die Entführung aus dem Serail, uitgevoer deur die Weense Simfonieorkes onder leiding van Fabio Luisi. Die opname is gemaak tydens die orkes se toer na Japan in 2006.
[iframe width=”350″ height=”197″ src=”https://www.youtube.com/embed/ULlfWSbBL9Q?rel=0″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Kyk na die aria “Martern aller Arten” uit Die Entführung aus dem Serail. Die sopraan in die rol van Konstanze is Jennifer O’Loughlin en die akteur in die rol van die pasja is August Zierner. Dié produksie van die Weense Volksoper is in 2010 opgeneem.
Die plakkaat wat Francesco Nassimbeni ontwerp het vir The Abduction from the Seraglio in Darling.
Maudee Montierre en Zwakele Tshabalala tydens repetisie vir The Abduction from the Seraglio.
Lisa Engelbrecht en Delport Garth wat die rol van Osmin vertolk.
Thando Mjandana wat die rol van Belmonte vertolk in The Abduction from the Seraglio.
Foto’s: Storyteller Productions
Ander hoogtepunte op die Darling-musiekervaringprogram
- 30 Januarie om 16:00 by die !Khwa ttu, die San-erfenissentrum: Die Cavatina Trio met Bridget Rennie Salonen (fluit), Petri Salonen (viool) en Tertia Visser-Downie (klavier) speel werke van onder andere Bach, Bizet, Mozart, Piazolla.
- 31 Janurarie om 11:30 op die Ormonde-wynlandgoed: Die violis Sarita Uranowski en die pianis Andrew Campbell speel musiek van onder andere Debussy en Ravel.
- 7 Februarie om 11:30 by die Darling-brouery: Die Belgiese pianis Philippe Raskin en die Oostenrykse violis Johannes Fleischmann speel sonates van Mozart, Beethoven en Richard Strauss.
- 13 Februarie om 18:00 in die ou Darling Presbiteriaanse Kerk: ‘n Klavieruitvoering deur die Duitse pianis Ingo Dannhorn. Die program sal mettertyd bevestig word.
- 14 Februarie om 11:30 in die Strandkombuis, Yzerfontein. Uitvoering deur die Dixie Swingers van Kaapstad.