Na sy terugkeer na Duitsland in 1862 het Wagner se voorspoed begin. Ludwig het nie net ? belangstelling in Wagner se operas gehad nie, maar ook ? bewondering vir hom
Johan Myburgh
In Desember 1882 het Franz Liszt ? werk vir klavier, “La lugubre gondola” (Die hartseer gondel). geskryf. In Januarie 1883 het hy die werk oorgeskryf en kort daarna verwerk vir viool, tjello en klavier. Dié stuk word gesien as ? voorafskaduwing van die dood van Richard Wagner (1813-1883), Liszt (1811-1886), se skoonseun.
[iframe width=”560″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/e7dMtQfyS2Q” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Luister na Franz Liszt se “La lugubre gondola” no. 2, uitgevoer deur Magdalena Cerezo.
Wagner en sy vrou, Cosima, het die winter van 1882-83 saam met Liszt deurgebring in die Palazzo Vendramin aan Venesië se Grand Canal. In Februarie 1883 is Wagner aan ? hartaanval dood en inderdaad met ? gondel na Venesië se Santa Lucia-stasie vervoer voordat sy kis per trein na Bayreuth in Duitsland vervoer is waar hy begrawe is.
Wagner is in 1870 met Cosima getroud nadat hy hom in 1862 op uitnodiging van koning Ludwig II in München gevestig het. Kort ná sy aankoms het hy Cosima, toe nog die vrou van die dirigent Hans von Bülow, ontmoet en dié twee het ? verhouding begin.
Wilhelm Richard Wagner, een van die wêreld se invloedrykste én omstrede komponiste, is op 22 Mei 1813 in Leipzig, Duitsland gebore. Hy het aan die Leipzig-universiteit gestudeer en sy eerste opera, Die Feen (Die feetjies”) in 1834 geskryf, wat nie opgevoer is nie.
In 1836 is hy getroud met die sangeres en aktrise Minna Planer en Wagner het die direkteur van die Magdeburg-teater in Königsberg geword. In dieselfde jaar het hy Das Liebesverbot geskryf en opgevoer.
In 1837 is hy na Riga in die destydse Rusland waar hy aangestel is as musiekdirekteur van die teater aldaar en in 1839 het hy en Minna Riga in aller yl verlaat met skuldeisers op die spoor. In Parys het hy in klein teaters begin werk en in 1842 het hy met sy opera Rienzi in Parys groot welslae behaal.
Daarna het Der fliegende Holländer in 1843 gevolg en Wagner is aangestel as die direkteur van die Dresden Opera. In 1845 het hy Tannhäuser geskryf en terwyl hy besig was met ? produksie van Lohengrin het die revolusie in Saksonie uitgebreek en op grond van sy politieke uitgesprokenheid moes hy na Zürich vlug.
Dit was in Switserland waar hy sy anti-Semitiese artikel oor Joodsheid in musiek geskryf het en waar hy ook begin werk het aan die Ring-siklus.
Sy ontmoeting met die digter-skrywer Mathilde Wesendonck – wat hom geïnspireer het om Tristan und Isolde te skryf – het uiteindelik gelei tot ? skeiding tussen hom en Minna.
Na sy terugkeer na Duitsland in 1862 het Wagner se voorspoed begin. Ludwig het nie net ? belangstelling in Wagner se operas gehad nie, maar ook ? bewondering vir hom. Lang storie kort. Die koning het Wagner se skuld vereffen en besluit om Wagner se operas die een na die ander op die verhoog te kry.
Liszt was aanvanklik nie gaande oor Wagner se verhouding met Cosima nie, hoewel ? vriendskap later tussen die twee komponiste ontwikkel het.
In 1871 het Wagner na Bayreuth verhuis waar hy sy nuwe operahuis laat bou het. Die eerste Bayreuth-fees met ? uitvoering van die volledige Der Ring des Nibelungen – Das Rheingold, Die Walküre, Siegfried en Götterdämmerung – is beplan vir 1873, maar toe Ludwig besluit om die projek nié te finansier nie, is die opening uitgestel. Die gebou is in 1976 geopen met ? opvoering van Das Rheingold.
In 2005 het Anthony Tommasini in die New York Times só oor Wagner geskryf: “Hoe het sulke verheffende musiek uit só ? ontaarde mens voortgekom? Miskien het kuns tog die krag om die beste in mense na vore te bring.”
Kyk na ? kort biografie van Richard Wagner.