“Die laaste simfonie is geskryf,” het Wagner van Beethoven se Negende Simfonie gesê
Johan Myburgh
Die oorheersing van Italiaanse opera, veral deur die toedoen van Gioachino Rossini, was vir die Duitser Carl Maria von Weber een te veel en met die première van sy opera Der Freischütz in 1821 het hy ? deurbraak behaal vir die Duitse Romantiese opera.
Weber het ? Duitse benadering in die oog gehad en vir dié doel het hy sterk gesteun op tradisionele Duitse volksliedjies en -verhale as inspirasie.
Maar benewens die verhale het Weber ook getrag om ? definitiewe Duitse klankkleur in sy musiek in te bring. Luister ? mens byvoorbeeld na die ouverture van Der Freischütz, is jy as’t ware meteen in ? tipies Duitse woud.
Ná die sukses van Der Freischütz het die minder suksesvolle Euryanthe in 1923 gevolg. Die mindere teks was die probleem wat daartoe gelei het dat dié opera nie eintlik meer gehoor word nie, maar dit beteken nie dié opera is van minder belang nie.
? Latere komponis soos Richard Wagner (1813-1883) het juis die spoor van Weber gevolg in dié opsig dat Weber afgewyk het van die praktyk om gesproke dialoog tussen arias te gebruik. Die musikale hegtheid wat Weber tussen resitatief en aria bewerkstellig het, was ? belangrike bydrae tot die ontwikkeling van veral die Duitse opera.
Wagner het hierop voortgebou en die eenheid tussen drama en musiek benadruk. Vir het poësie, verhooginkleding en musiek meegewerk tot die vergestaling van ? Gesamtkunstwerk, ? kollektiewe kunswerk.
Waar die orkes die binnewerk van die drama ondersteun is dit die woorde wat uiterlik die aksie verbeeld. In 1850 het hy in ? artikel, vertaal as “Die kunswerk van die toekoms”, aangevoer Beethoven het in sy Negende Simfonie die volle potensiaal van musiek ontdek deur sy musiek te wortel in die woord. Instrumentale musiek ná Beethoven was vir Wagner gevolglik “steriel”. “Die laaste simfonie is geskryf,” het hy van die Negende gesê. Slegs musiek waarin al die kunsvorms verneig is, was volgens Wagner die moeite werd.
Hy het inderdaad die Duitse Romantiese opera tot nuwe hoogtes geneem: Hy het met ? nuwe genre, musiekdrama, vorendag gekom en sy latere werk in ? ryk chromatiese idioom het die deure oopgemaak vir ontwikkelinge soos atonaliteit.
Wagner se vurige steun vir Duitse kuns die suiwerste en verheffendste kunsvorm – veel meer as wat hy genoem het die kunsmatigheid van die Italiaanse of Franse musiek – het aanleiding gegee tot sy “Das Judenthum in der Musik” (Joodsheid in musiek), ? artikel wat eweneens in 1850 verskyn het (wat eers onder ? skuilnaam uitgegee is en eers in 1869 onder die naam van Wagner). In dié artikel het hy Meyerbeer en Mendelssohn, komponiste van Joodse afkoms, by name aangeval het. Die artikel staan steeds bekend as ? baken in Duitse anti-Semitisme.
Hoewel Wagner heelwat aan Meyerbeer te danke gehad het en Meyerbeer ? leeue-aandeel gehad het aan die voorbereidingswerk vir die Gesamtkunstwerk, was Wagner venynig in die uitwissing van Meyerbeer se nalatenskap. Op die puin van Meyerbeer se werk het Wagner as’t ware sy sukses gebou en ? intens anti-Joodse neiging in die Duitse kuns en kultuur ondersteun. Ná sy dood het die Nasionaal-Sosialiste (Nazi’s) in Duitsland Wagner se musiek voorgestaan as die opperste vorm van Duitse kultuur.
Talle komponiste ná Wagner het hulle doelbewus probeer distansieer van sy idees en opvattings, hoewel min sy musikale invloed kon ontsnap.
[iframe width=”560″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/6p2wSc7iXIY” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Dié kort video bied iets van ? oorsig oor die operamusiek van die 19de eeu – met verwysing na die musiek van Richard Wagner.
Die ouverture uit Wagner se Rienzi, sy eerste operatriomf wat in 1842 in Dresden sy première gehad het. Dié opera in vyf bedrywe is geskoei op die Meyerbeer-model. Die opname, onder leiding van Nicolás Pasquet, is gemaak in 2012. Die orkes is dié van die Franz Liszt-musiekskool in Weimar.